klopjag
South African pop band Klopjag is as cool as their name, and their lyrics in Afrikaans are both clever and endearing (to Dutch speakers). This is 'Rol van die dice', from 'Album Drie':
Hy bly in Proesstraat, daar's 'n Metro, straatkafees en freelance wapenhandelaars. Hy staan lewenddood voor 'n garagedeur sy sigaret en rook en drink by hom self.
As die skerwe van die spieëls om hom dans. Dan wens hy, hy kan een keer, net een keer, die dice self rol.
Hier is iets van alles. Regters, straatverkopers, staatsamptenare en karwagte loop flink verby. Hy erken skielik 'n man en bedel skaamteloos 'n sigaret by hom. Die man frons en gee, hy glimlag en vat.
As die skerwe van die spieëls om hom dans. Dan wens hy, hy kan een keer, net een keer, die dice self rol.
Hy sien alles, hoor alles, glo alles, maar vertrou niemand. En in die aande as Proesstraat leegloop los hy die illusie van keuses vir nog 'n dag.
As die skerwe van die spieëls om hom dans. Dan wens hy, maar weet hij, hy sal nie een keer, die dice self rol.